Ons lewe die lewe saam met baie, maar dikwels ervaar ons die lewe saam met min.

Skakel in en ervaar die lewe saam met ander wat dieselfde belangstellings deel.

Hier is ons huidige belangegroepe:

Skolevoedingsprojek:

  • By die Skolevoedingsprojek maak hulle elke dag van die week kospakkies vir 30 minderbevoorregte leerders van ‘n plaaslike laerskool.
  • Daar word Noodkosuitreike +-5 keer per jaar saam met die skool vir 40-50 gesinne van hierdie skool gehou.
  • Ons hou ook eenmaal per jaar ‘n gemeente sopmaakprojek wat met gevolglike sopuitreike na bg gesinne, Grace Valley en allimentasiegevalle van die gemeente gegee word.
  • ‘n Groot span entoesiastiese helpers help om al die wiele aan die rol te hou.

Groenteprojek:

  • Die groenteprojek het uit die Skolevoedingsprojek ontstaan toe twee groentetonnels aan ons gemeente geskenk is ter uitbreiding van ons Skokevoedingsprojek.
  • Die tonnels was vinnig te klein en die tuine is uitgebrei tot die huidige 500 vk m waar groente per seisoen geplant, versorg, geoes en bewerk word vir die 40-50 minderbevoorregte gesinne van die skool. (Geen groente word verkoop nie.)
  • ‘n Entoesiastiese span helpers kom elke Saterdag-oggend vroeg by die tuine bymekaar om die nodige werk te doen.

Kontak Christa Barrish indien jy by die Skolevoedingsprojek of Groenteprojek wil betrokke raak: 082 774 8145

Avontuur-in-Suid:

  • Avontuur(like) aktiwiteite vir die hele Kerk-in-Suid familie. Saam kan ons fietsry, muurklim, draf en net lekker kuier-kuier aktief wees. Aktiwiteite word kwartaalliks gereël en datums word bepaal volgens skoolkwartale en die weer. 

Kontak enige van die volgende Avontuur-in-Suid lede om betrokke te raak:

Gerard: 082 823 3115

Beaulah: 082 588 2489

Tess: 078 456 0117

Helmut: 082 619 6020

Somari: 076 339 4593

Ruwan: 060 507 3913

Bible Journaling:

  • Hierdie is n splinternuwe belangegroep wat maandeliks bymekaar kom en op n kreatiewe manier Journaling en Bybelstudie kombineer. Jy kan in ‘n Bybel of Journaal boek dit doen. 

Kontak vir Wilma de Klerk om betrokke te raak: 082 779 0601

Hekel-en-Brei-in-Suid:

  • Ons kuier heerlik saam, terwyl die hekel- en breinaalde klik klak. Dis ‘n ruimte waar ons ons kennis deel en van mekaar leer met ‘n sterk fondament van liefde en omgee. Om invloedryk te leef is ons motto en elke jaar het ons ‘n uitreikprojek in die gemeenskap waar ons, ons talente tot eer en verheeliking van Sy Naam gebruik.

Kontak vir Linda Crystal om betrokke te raak: 072 450 7579

Ridders-in-Suid: 

 

  • Ridders in Suid is ‘n groep uiteenlopende mans en vrouens wat God se skepping nie net wil sien nie maar beleef. Ons ry elke tweede naweek in die maand partykeer vir ‘n budget koffie of n dag uitstappie. Ons lewer ‘n ondersteunings funksie vir die manne en vroue verykings groepe.

Kontak vir Herman Vorster om betrokke te raak: 082 465 7626

Kerk-in-Suid Voolers:

  • KIS Voolers verdiep en verryk ons geloop deur die natuur se skoonheid te bewonder en te beleef, veral die wat vlerke het. 

Kontak vir Johan Slabbert om betrokke te raak: 083 227 5428

Beisgheid-in-Suid:

  • Besigheid-in-Suid gee raak en ondersteuning aan klein besighede, en ontwikkel ‘n dinamiese netwerk verhouding met groot en suksesvolle besighede wat ‘n sterk Christelike fondament het. Sodoende leef ons saam invloedryk in die besigheidswêreld. 

Kontak Sonja Du Plessis om betrokke te raak: 079 505 9181

 

 

 
Kontak Wilma De Klerk indien jy by een van die belnagegroepe wil aansluit of betrokke wil raak by die bestuur daarvan:
082 779 0601