Ons gemeente is 35 jaar oud en het tans ±3400 lidmate (belydend en doop) en word bedien deur twee voltydse predikante. (Ds Johan Janse van Rensburg & Ds Rinus Wassermann)
Hierdie gemeente wil die visie wat God in ons harte losgemaak het leef om onder die Heilige Gees se leiding lewens- en gemeenskappe verander. Daarom kyk ons gemeente na binne, asook na buite om ‘n verskil in lewens en in die gemeenskap te maak.Kerk-in-Suid is ‘n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef ‘n verskil wil maak en daarom is die Familie van God (oud en jonk) baie welkom hier.
Kom reis saam met ons en skryf stories wat ‘n volgende generasie sal inspireer.