Sending is ’n integrale deel van die kerk se taak hier op aarde. Jesus se laaste opdrag, voordat Hy opgevaar het hemel toe, aan die gelowiges was: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” 

Matteus 28:19,20

God se hart en uiteindelike doel, is om mense te herskep in Christus, van elke volk en nasie, ten volle onderdanig aan sy heerskappy, wie se passie is om met alles wat in hulle is, God te verheerlik en deel te wees van Sy Goddelike doel. Ons sien dit vanaf Genesis reg deur tot Openbaring, dat God streef daarna om alle nasies te bereik.

Indien jy meer inligting wil hê rondom ons Sendingbediening kontak vir: 

 

Ds Cecil Van der Merwe  

082 974 2437

Epos: cecil@kerkinsuid.co.za