Die bediening se visie en doel is om manne wat geroep is om dienaarleiers te wees, in hulle gesinne, werksplekke en/of gemeenskappe, toe te rus en as liggaam van Christus saam God se Koninkryk uit te bou.

Hier skep ons ruimte waar mans opnuut kan ontdek wie God is en wat Sy plan is met hulle lewe. Die doel is om ‘n veilige en vertroulike hawe te skep en ‘n gemeenskap in liefde (“place of grace”) te bou waarin hulle mekaar kan ondersteun tot geestelike en lewensgroei sodat hulle as dienaarleiers voluit kan leef in alle fasette van hul lewe.

Vir die bediening is dit belangrik om mans te help om hul geloof en verhouding met die Here in die alledaagse lewe te integreer. Die Mannebediening is ook aktief betrokke by die gemeentefunksies waar hegte bande gebou word.

Die Mannebediening is ‘n aksie van Gemeentebou kommissie.

Indien jy betrokke wil raak kontak vir:

Johann Meyer

082 552 2503

manne@kerkinsuid.co.za