Skolevoedingsprojek:

  • By die Skolevoedingsprojek maak hulle elke dag van die week kospakkies vir 30 minderbevoorregte leerders van ‘n plaaslike laerskool.
  • Daar word Noodkosuitreike +-5 keer per jaar saam met die skool vir 40-50 gesinne van hierdie skool gehou.
  • Ons hou ook eenmaal per jaar ‘n gemeente sopmaakprojek wat met gevolglike sopuitreike na bg gesinne, Grace Valley en allimentasiegevalle van die gemeente gegee word.
  • ‘n Groot span entoesiastiese helpers help om al die wiele aan die rol te hou.