Kerk-in-Suid Geskiedenis

NG Wierdapark-Suid gemeente is gestig op 5 Augustus 1982. Tans staan ons bekend as Kerk-in-Suid. 
Ons het ontstaan uit Raslouw gemeente, wat op haar beurt ontstaan het uit Eldoraigne gemeente, wat weer ontstaan het uit Sesmylspruit gemeente. 

Tans

Ons  het tans ±4000 lidmate en een voltydse  predikant. Ons is ‘n vernuwende, voorstedelike gemeente in Centurion.

Die gemeente word tans bedien deur Ds Cecil Van der Merwe en ‘n passievolle preekspan. 

Ons het ook ‘n groot hart vir pastorale- en siekebediening. Ons het ‘n bekwame span in plek om te help indien jy tans nood of trauma beleef. Kontak gerus die kerkkantoor vir meer inligting: 081 050 3363. 

Kerk-in-Suid ‘n gemeente wat ruimte skep vir ALMAL!

Hierdie gemeente wil die visie wat God in ons harte losgemaak het leef om onder die Heilige Gees se leiding lewens- en gemeenskappe te verander. Daarom kyk ons gemeente na binne, asook na buite om ‘n verskil in lewens en in die gemeenskap te maak. Kerk-in-Suid is ‘n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef ‘n verskil wil maak en daarom is elkeen (oud en jonk) baie welkom hier. Hier is ons saam familie van God. 


“Dit is vir ons lekker dat jy deel is van die gemeente se storie. 

Saam skryf ons verder stories wat ‘n volgende generasie sal inspireer.”