Jy sal agterkom by Kerk-in-Suid word daar vinnig vriende gemaak.
Hier by Kerk-in-Suid sal jy die warmte, omgee en vriendelikheid sommer vinnig aanvoel.
As gemeente werk ons met die woord -VENNOOTSKAP. Vennootskap beteken inkoop, deelneem en deel wees. Dit is om deel van ‘n groter prentjie te wees en van God se missie, Om lig en sout in die wêreld te wees.
Ons is opgewonde dat jy hier kom deel word van God en van Sy familie!
Ons sal jou baie graag wil ontmoet en jou laat tuisvoel hier by ons.
As jy dus nog nie êrens kontak gemaak het nie moet jy ons asseblief sommer dadelik kontak.