DivorceCare

Hierdie is `n  groep mense wat saam met jou deur een van die lewe se moeilikste ervarings sal reis.  In hierdie groep verstaan mense wat met jou gebeur en met vriendelike omgee groei julle saam tot herstel. 

“Moenie alleen deur `n egskeiding of opbreek van `n lang verhouding gaan nie”

Vir meer inligting:

Kontak Ilse van Tonder: by 082 449 9585

 

Ondersteuning vir Rou

Hierdie is `n  groep mense wat saam met jou deur een van die lewe se moeilikste ervarings sal reis.  In hierdie groep verstaan mense wat met jou gebeur en met vriendelike omgee groei julle saam tot herstel. 

“Dit is nie nodig dat jy die pad van verlies alleen hoef te stap nie”

Kontak Tess Barnard:
078 456 0117

Huweliksverrykingskampe

Wat kan `n Nuwe Hart en Nuwe Gewoontes vir jou beteken? Soms voel dit vir jou jy wens julle kan voor begin, of nuut dink of net weer versterk wat julle het – dan is hierdie naweek vir julle! Tydens hierdie naweke gaan jy en jou huweliksmaat op `n besondere reis met mekaar.  Ons waarborg dat julle nie blootgestel of in ongemaklike situasies geplaas sal word nie. 

“Jou huwelik is steeds die beste plan van God vir julle”

Vir meer inligting:

Kontak kerkkantoor: 081 050 3363 
kantoor@ngwps.co.za

 

Vasgevang?

Sukkel jy met een of ander afhanklikheid soos alkohol, dwelms, dobbel, pornografie ens? 

Kennith de Kock is `n geregistreerde pastorale berader met meer as 20 jaar ondervinding in die veld van verslawing. Hy fasiliteer `n proses om die individue asook die familie te help om permanente vryheid te vind. Hy het onlangs `n kantoor by Kerk-In-Suid oopgemaak. Hy het ook spreekkamers in Midstream en Lyttelton.  Maak `n  afspraak waar jy veilig voel.

Kontak Kennith: 0825571587 / maak ‘n afspraak op www.graceonline.acuityscheduling.com

 

SAA

(Sex Addicts Anonymous)

“We found in each other what we could find nowhere else: people who knew the depth of our pain. Together we found hope and the care of a loving Higher Power. Our commitment is to help others recover from sexual addiction, just as we have been helped.” 

Die SAA groep het `n tak hier by Kerk-In-Suid, in Brooklyn asook Waterkloof Glen.  Raak deel van hierdie dinamiese groep mense en ontdek die twelve steps and twelve Traditions.

Vir meer inligting en kontkbesonderhede besigtig hulle webblad:  https://saa-recovery.org/Meetings/OtherCountries

Beroepsfrum – Jacob se Put

Forum en ondersteuningsnetwerk vir persone tussen werke en sonder werk. Die forum bied ook `n bemarkingsdiens vir werksoekers en werkgewers.  Hulle help ook met die advertering van poste.

Die forum word op Vrydagoggende om 08:00 tot 11:30 by kerksondermure Hippolaan aangebied.

Kontak Inge van der Merwe: 012 644 0545 / beroepe@ksm.co.za

 

CAD

(Christelike Afhanklikheidsdiens)

Die Christelike Afhanklikheidsdiens is ‘n organisasie vir die ondersteuning van die afhanklikes, gesinslede en vriende. CAD lewer dienste vanuit ‘n Christelike raamwerk en help die gerehabiliteerde persoon om weer sy regmatige plek in die samelewing in te neem. Die CAD gebruik selfhelp groepe waar afhanklikes en hulle gesinne die geleentheid kry om probleme met mekaar te deel en ondersteuning aan mekaar te bied. Hierdie groepe kom weekliks byeen.

Die CAD het `n tak hier by Kerk-In-Suid asook in Jacaranda en Lyttleton.

KANA groep (Kerk-In-Suid): Theuns Duvenhage 084-407-6822 – Woensdae aande,

Stabilus groep (Jacaranda):  Jansie van der Merwe  079-241-4653-  Maandae aande

Monument groep (Lyttleton)  –  Jaap Geringer 083-308-9576 – Dinsdae aande

 

Mighty Wings

Mighty Wings Life Centre is a Community-based, Christ-centred, Family-focused, Out-patient Recovery Centre providing comprehensive, centralised outpatient services to substance abusers and their family supporters. 

Kerk-in-Suid kan hierdie groep baie sterk aanbeveel vir die individue wat graag van sy/haar verslawing ontslae wil raak.  Hierdie is die enigste buite-pasiënt groep waarvan ons kennis dra en is baie bekostigbaar.

Mighty Wings het `n tak in The Reeds (Centurion). 

Kontak 072-602-2049 / info@mightywings.co.za

Travel Light blad