Ons elkeen het ‘n profiel. Of dit nou is soos jou vriende/ familie jou elke dag sien, en of dit jou profiel is wat jy op Facebook/ Instragram of Tiktok sit – ons elkeen het ’n profiel!

In hierdie reeks stel ons jou bekend aan ‘n hele klomp Bybelkarakters en gaan ons na elkeen se profiel kyk.

Hulle elkeen het ’n baie interessante profiel:

  • Daar is die vroom godsdienstiges,
  • dié wat God glad nie geken het nie,
  • die oneerlikes,
  • die hoëkoppe,
  • die twyfelaars,
  • die profete,
  • die armsaliges,
  • die kerkmense,
  • die verraaiers,
  • die soekendes
  • eenvoudige gelowiges

Die merkwaardige is egter dat hierdie mense se profielle verander het toe hulle ‘n ontmoeting met God gehad het. Dit sal jy elke keer sien wanneer jy met een van hierdie Bybelkarakters kennis maak. Nie almal se ontmoeting met God het goeie gevolge gehad nie, maar ’n mens kan tog elke keer iets by hulle profile sit wat nie voorheen daar was nie.

Ook jou profile verander gedurig.

Dinge gebeur in jou lewe – jy trek dalk, gaan hou iewers vakansie, het ‘n nuwe ou of meisie, begin met ‘n nuwe sport, of wat ook al. Dan is dit tyd om jou profile te verander.

Dit is ook waar van jou geloofslewe en jou verhouding met Jesus. Wanneer Jesus jou help om jou lewe te verander en aan te pas en al hoe meer soos sy kind te leef, verander jou profile en jou image elke dag.