Verklaring van Privaatheid 

Die wet op die beskerming van persoonlike inligting (POPIA) vereis dat die gemeente aksies en prosedures in plek stel wat lidmate se persoonlike inligting slegs met toestemming van die lidmaat sal gebruik en veilig sal berg. Die kerkraad is, en aanvaar die verantwoordelikheid en aanspreeklikheid, as die “Verantwoordelike Party”  

Die Kerkraad wil lidmate die versekering gee dat hul persoonlike inligting gerespekteer word, met die grootste sorg veilig geberg word en slegs met toestemming van die lidmaat gebruik sal word vir gemeentelike aksies.

‘n Fasiliteit word in plek gestel waar lidmate:

  • Aanvanklik toestemming verleen vir die gebruik daarvan. Indien lidmate egter voor die implementering van die wet geen beswaar gemaak het teen die gebruik van hul persoonlike inligting nie, word dit beskou as aanvanklike toestemming.
  • Toestemming gee/weier vir die gebruik daarvan

Elsa Mostert is amptelik aangestel as die gemeente se Inligtingsbeampte en lidmate is welkom om enige navrae na haar te verwys.

kantoor@ngwps.co.za