Bio

Naam: Nehemia

Beroep: Skinker van die Persiese koning, later die goewerneur

Woonadres: Susan, Persië

Bereik: Herbou die mure van Jerusalem in 52 dae

Belangstelling: Tempeldiens

Godsdiens: Afhanklik van die God, hou van kort gebede, hou van alleen stil word vir lang tye.

Sterkpunte: Gefokus, doelgerig, en visie

Geloof: God kan en wil my gebruik!

Groeigroep Materiaal

Die volgende tekste is almal in die boodskap van Sondag gebruik.  Lees dit dalk weer saam voordat julle die volgende vrae hanteer:
 
Nehemia 1:3-6
Nehemia 2:4-5,9
Nehemia: 5:15-16
Nehemia 8:1
 

1.     Hoe voel jy oor gebed?  Wat is die goed waaroor jy bid?

2.     Waaroor het Nehemia gebid en hoe het dit sy lewe verander?

3.     Waarvoor moet ek/ons bid, hoe help Nehemia ons daarin?

4.     Verander jou/julle gebede jou lewe?

5.     Hoe kan my/ons gebede en lewe die wêreld ‘n beter plek maak?

6.  Hoe belangrik is gehoorsaamheid met gebed?  Lees Jakobus 4:17

Nehemia in ons lewe:

Nehemia is ‘n leier van formaat, waar hy geplant is daar lei hy in woord en daad. Hierdie was ʼn leier wat visie gehad het en het geglo die Here kan die wêreld deur hom verander. Ons kan by Nehemia leer hoe ons gefokus en visionêr kan omgaan met God se koninkryk. Nehemia het dit nie sonder gebed gedoen nie.

Info

NEHEMIA 4 1-3, 6-7, 9

Pogings om die bouwerk tot stilstand te bring

1Toe Sanballat hoor ons bou die muur, was hy woedend. Hy het met groot ergernis smalend teen die Judeërs uitgevaar 2en vir sy medeamptenare en vir die soldate in Samaria gesê: “Waarmee is die arme Judeërs besig? Wil hulle vir hulle ‘n stadsmuur bou? Wil hulle offerandes bring en in een dag klaarmaak? Wil hulle die klippe laat herleef uit daardie hope stof en as?”

3Tobija die Ammoniet het langs Sanballat gestaan en hy het gesê: “Laat hulle bou! Daardie klipmuur van hulle sal omval as ‘n jakkals daarteen spring!”

 

6 Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.

7 Sanballat, Tobija, die Arabiere, die Ammoniete en die mense van Asdod was hewig ontsteld toe hulle hoor die herstel aan Jerusalem se mure vorder en die afgebreekte gedeeltes is byna klaar opgebou. 8 Hulle het saamgesweer om Jerusalem te kom aanval en verwarring te stig.

9 Ons het tot ons God gebid en dag en nag wagte teen hulle uitgesit.

Persoonlike- en Huisgeloof vrae

  1. Wat is gebed?
  2. Wat van Nehemia se gebede praat met my/ons?
  3. Waarvoor moet ek/ons bid, hoe help Nehemia ons daarin?
  4. Verander jou/julle gebede jou lewe?
  5. Hoe kan my/ons gebede en lewe die wêreld ‘n beter plek maak? 

Wall

C.S. Lewis > Nehemia

“I pray because I can’t help myself. I pray because I’m helpless. I pray because the need flows out of me all the time, waking and sleeping. It doesn’t change God. It changes me.”

C. S. Lewis > Nehemia

A glimpse is not a vision. But to a man on a mountain road by night, a glimpse of the next three feet of road may matter more than a vision of the horizon. –