1. Uit Sondag se erediens en dit wat jy van Maria (moeder van Jesus) weet, wat sal jou karakterskets van haar wees? 2. Watter eienskappe moet ‘n volgeling van Jesus hê? 3. Hoe oop is ons vandag dat die Here ons kan gebruik? 4. Wat maak dit moeilik om die Here te gehoorsaam vandag? Is dit enigsins anders as in die Bybelse tyd? 5. Hoe kan ons al meer oop wees vir die Here se stem vandag?
Maria in ons lewe
Maria was ‘n vrou wat min aansien gehad het, sy was gewoon en kom uit ‘n gewone agtergrond. God kies haar om geboorte gee aan die Verlosser van hierdie wêreld – Jesus Christus! Maria as ‘n ongetroude vrou verwag ‘n kind in hierdie tyd, dit moes ‘n spanningsvolle tyd vir haar gewees het. Steeds is God se voorsiening en krag daar.
Info
Lukas 1:26-27, 30-31
Die geboorte van Jesus word aangekondig
26 In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na ‘n maagd in Nasaret, ‘n dorp in Galilea. 27 Sy was verloof aan Josef, ‘n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria.
30 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. 31 Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee.
Persoonlike- en Huisgeloof vrae
Het jy/ julle al gevoel jy is “te min” in die lewe?
God kies Maria met haar status om geboorte te gee aan ‘n Koning. Wat sê dit vir jou/ julle van God se ingesteldheid?
Hoe gaan jy/ julle vir God indra in die wêreld deur jou profiel?
Waarvoor roep God jou/ julle in die lewe?
Dink jy/ julle God wil alle/ sekere mense gebruik? Hoekom?
Wall
Mary Magdalene
“Mary Magdalene Speaks:
We walked together
our souls united in the quest
for truth
He a man of flesh
yet in his beautiful eyes
eternity’s love shone out
to our world
I loved him
He belongs now to the ages
You and I shall never forget
his beautiful light”
― Ramon Ravenswood, Icons Speak
Jesus> Maria
Mense wat geroep word, doen onmoontlike dinge deur die krag van die Heilige Gees.