Bio

Naam: Josef

Gesin: 12 broers, Josef is die jongste en Sy pa se witbroodjie.

Slegte ervarings: Broers gooi hom in ‘n put en verkoop hom aan die slawehandelaars. 
Later in sy lewe maak beskuldig ‘n vrou hom valslik en hy beland in die tronk.

Sy lewe: Van ‘n veldwagter tot ‘n groot rol in ‘n land en paleis. Hy is ook ‘n tronkvoël en ‘n verklaarder van drome.

Heilige oomblik: Toe hy weer sy familie gesien het

Geloof: Dat God voorsien en red ons uit die mees moeilikste situasies.

Groeigroepmateriaal

1. Josef se verhaal is merkwaardig, watter lewenslesse kan ons alles uit sy verhaal uit neem?
2. Wat beteken dit om te vergewe?
3. Die term “vergeet een vergewe” word gereeld gebruik. Kan ‘n mens werklik vergeet asook vergewe?
4. Josef maak die beste van elke situasie… hoe kry hy dit reg? Kan ons ook?
5. Kan ons vandag nog mense vryspreek? Hoe moet ons gesindheid teennoor hulle wees?

Josef in ons lewe

Josef was ‘n seun wat op ‘n vroeë onderom gekies is op uisonderlik te wees. Sy broers het egter nie daarvan gehou nie, dus het Josef baie verwerping beleef. Steeds deur die trauma, seer en verwerping het hy steeds staande gebly. Wat ons van Josef kan leer is dat hy nie moed opgee nie. Niks kry hom onder nie, hy vergewe, hy werk hard en neem verantwoordelikheid vir sy eie lewe.

Info

Genesis 45:4-5

4 Maar hy het vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring. 5 Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red.

Genesis 50:17, 19-21

17‘Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.’ Vergeef ons tog nou die misdaad. Ons dien ook die God van u vader.”

19 Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. 20 Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het. 21 Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.”

Josef het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.

Persoonlike- en Huisgeloof vrae

  1. Wat is vergifnis?
  2. Om iemand te vergewe is nie maklik nie, hoekom dink jy/ julle so?
  3. Wat is vergifnis nié?
  4. Wat kan ek/ ons doen om te kan vergewe?
  5. Wat maak vergifnis in ons/ my lewe?

Wall

Catherine Ponder > Josef

“When you hold resentment toward another, you are bound to that person or condition by an emotional link that is stronger than steel. Forgiveness is the only way to dissolve that link and get free.”

Paul Boose > Josef

“Forgiveness does not change the past, but it does enlarge the future.”

 

Louise Hay > Josef

“The act of forgiveness takes place in our own mind. It really has nothing to do with the other person.”

Oscar Wilde > Josef

“Always forgive your enemies – nothing annoys them so much.”

Sir. Francis Bacon > Josef

“We read that we ought to forgive our enemies; but we do not read that we ought to forgive our friends.”

Ivern Ball > Josef

“Most of us can forgive and forget; we just don’t want the other person to forget that we forgave.”

Robert Muller > Josef

“To forgive is the highest, most beautiful form of love. In return, you will receive untold peace and happiness.”

Anne Lamott > Josef

“Not forgiving is like drinking rat poison and then waiting for the rat to die.”