Bio

Naam: Hanna, wat “genade” beteken
Adres: Rama

Huweliksstatus: Getroud met Elkana

Grootste ideaal: Wil graag kinders van haar eie hê.

Wat was vir haar moeilik: Peninna (Elkana se ander vrou) spot vir Hanna omrede sy nie kan kinders kry nie. Sy word elke jaar by feeste herinner aan haar kinderloosheid.

Godsdiens Glo in God, Tempelganger in Silo, bring jaarliks offers

Grootste vreugde: Toe haar seun, Samuel gebore is

Geestelike ervaring: Die Here antwoord ons gebede

Info

1 Samuel 1:9-11, 17-18

Hanna lê ‘n gelofte af

9 Op ‘n keer ná die offermaaltyd in Silo het Hanna opgestaan terwyl die priester Eli op sy stoel langs die deurkosyn van die tempel van die Here gesit het. 10 Sy was bitter hartseer en terwyl sy tot die Here gebid het, het sy onbedaarlik gehuil.

11 Sy het ‘n gelofte afgelê en gesê: “Here, Almagtige, as U tog op my ellende wou let en aan my, u dienares, wou dink en my nie vergeet nie en aan my ‘n seun gee, sal ek hom sy lewe lank aan U gee, en as teken daarvan sal sy hare nie afgesny word nie.”

2 Korintiërs 12:5-10

5 Oor hierdie man sal ek roem, maar nie oor myself nie, behalwe oor my swakhede. 6 Al sou ek wil roem, sal ek tog nie dwaas wees nie, omdat ek die waarheid sal praat. Maar ek weerhou my daarvan omdat ek nie wil hê dat iemand aan my meer moet toeskryf as wat hy my sien doen of my hoor sê nie, 7 selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. 8 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. 9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10 Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

Wall

William Gill > Hanna

“Die waarde van volgehoue gebed is nie soseer dat God ons moet hoor nie, maar dat ons Hom uiteindelik sal hoor”

Max Lucado > Hanna

“Our prayers may be awkward. Our attempts may be feeble. But since the power of prayer is in the one who hears it and not in the one who says it, our prayers do make a difference.”

Charles Spurgeon > Hanna

“If you believe in prayer at all, expect God to hear you. If you do not expect, you will not have. God will not hear you unless you believe He will hear you; but if you believe He will, He will be as good as your faith.”