Die groenteprojek het uit die Skolevoedingsprojek ontstaan toe twee groentetonnels aan ons gemeente geskenk is ter uitbreiding van ons Skokevoedingsprojek.
Die tonnels was vinnig te klein en die tuine is uitgebrei tot die huidige 500 vk m waar groente per seisoen geplant, versorg, geoes en bewerk word vir die 40-50 minderbevoorregte gesinne van die skool. (Geen groente word verkoop nie.)
‘n Entoesiastiese span helpers kom elke Saterdag-oggend vroeg by die tuine bymekaar om die nodige werk te doen.
Kontak Christa Barrish indien jy by die Skolevoedingsprojek of Groenteprojek wil betrokke raak: