Uit Sondag se preek
Uit Sondag se boodskap – 13 Maart 2022
Die aanvoerder van God se leërmagte met die ontblote swaard
Die oorlog is reeds aan die gang – God se leërmagte is onverpoos besig om Sy opdragte uit te voer.
Vraag: Wat is volgens jou verstaan, die 5 redes hoekom God agter die skerms werk?
Rede 1: Jesaja 55:8-9
Rede 2 : Johannes 13:7
Rede 3 : Romeine 8:28
Rede 4 : Psalm 121:3-4
Rede 5 : Deuteronomium 31:6
Kom na die plek waar God teenwoordigheid is. Trek jou skoene uit
Paulus het geweet ons moet leer om met ons geestelike oë te sien, meer as met ons fisiese oë. Omdat ons hier op aarde (ons tydelike tuiste) leef, vertrou ons op ons beperkte verstaan en ons sien meestal net wat voor ons is. Ongelukkig vanweë ons ongeduld, selfsug en beperkte verstaan dink ons God doen niks nie, maar God was altyd, en is steeds aan die werk!
Lees Efesiërs 1:18-19; Filippense 4:7
Vraag: Wat is (ten minste) vier boodskappe wat jy persoonlik uit die verse kry?
“Naak eerlik voor die Skepper”
Vraag: Wat beteken Romeine 12: 1 vir jou, in jou daaglikse praktiese uitleef van jou Christenskap?
God kies nie kant nie
Lees Joshua 5:13-15
Eerlike en diep gesprekke lei tot vertroue in God
Die Here nooi jou om by Sy voete te kom stilsit sodat Hy in al jou vreugdes, pyn, woede en hartseer kan deel. Tyd vir mekaar en diep “gevoelskommunikasie” na beide kante.
Vraag: Is daar iets wat jy in jou gesprekke met die Here kan/moet verander na aanleiding van die boodskap van die Engel? (die aanvoerder van God se leërmagte)
Jy is ‘n gestuurde
God het jou vir jou taak gevorm, presies soos Hy jou wou hê. Hy maak jou bekwaam vir dit wat Hy vra jy vir sy koningryk kan doen.
“God has called you to be a witness for him in the world. He expects you to tell others about the hope you have in Jesus. But many people are what I call “arctic river Christians.” They’re frozen at the mouth. They hold back or don’t say anything about Jesus. But Jesus says, “If you’re not fishing, then you’re not following me.” The Bible says, “Come, follow me, and I will show you how to fish for people!” Matthew 4:19 (NLT)”- Rick Warren
Vraag: Wat is die verskil tussen ‘n dissipel of ‘n bekeerling? (en wat is jy?)
Vraag: Hoekom vra God dat jy as gestuurde jou boodskap van hoop moet deel?
Vraag: Is daar iets in jou lewe wat jy moet verander na aanleiding van die Be(leef) God reeks?