Bio

Naam: Ester (Hadassah was haar geboorte naam) wat ster beteken

Adres: Persië, Shushan

Grootste ideaal: Gelykheid onder alle mense, regverdigheid.

Wat was vir haar moeilik: As mense onderdruk word waar konings en leiers hulle mag misbruik om mense se lewens te verwoes. 

Godsdiens Glo in God

Grootste vreugde: Toe die Judeërs as minderheidsgroep gered kon word en gespaar kon word.

Geestelike ervaring: Dinge gebeur as God die regte persoon vir die regte tyd stuur om verandering te bring.

Groeigroep Materiaal

  1. Wat staan vir julle uit van Ester se lewe?
  2. Lees saam Ester 4:1-16.
  3. Wat staan vir julle uit?
  4. God gebruik vir Ester vin ‘n bepaalde tyd en plek. Doen God steeds dit vandag met ons? Noem voorbeelde.
  5. Vrees is soms deel van ons denke oor die toekoms. Hoe leer ons by Ester om vrees te hanteer?
  6. Waaraan hou Ester vas om nie inmekaar te krimp of om te vries, vlug en veg nie?
  7. Wat kan ons by Ester leer oor die vorming van ons profiel?

 

Ester in ons lewe

Baie dinge in Ester gebeur toevallig. Ons sien in die verhaal dat God in beheer is. In hierdie verhaal is God regdeur Ester se verhaal saam met haar op pad, al word God se naam nie eenkeer genoem nie.

Die koning in Persië was baie magtig, hierdie koning het gemaak soos hy goeddink. So het hy reëls en wette ingestel. Ons besef al te goed dat enige koning se mag, reëls en wette is maar net skyn tenoor God se mag. In Ester is daar ook vir ons ‘n duidelike boodskap dat die wat op die Here vertrou, ontvang die Here se seën.

God wil mense gebruik soos ek en jy om Sy wil uit te leef elke dag, soos met Ester soek God mense wat bereid is om alles te gee sodat Sy wil kan geskied.

Info

ESTER 4

Mordegai en Ester span saam teen Haman

1Toe Mordegai hoor wat gebeur het, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek en as op sy kop gegooi. Hy het deur die stad geloop en hard en bitterlik gekerm. 2So het hy tot by die poort van die paleis gegaan. Niemand kon met rouklere aan by die poort ingaan nie.

3In al die provinsies waar die besluit en die proklamasie van die koning bekend geword het, was daar groot smart onder die Jode. Hulle het gevas en gehuil en gekerm, en baie het rouklere aangetrek en in die as gaan lê.

4Toe koningin Ester se kamerpersoneel en haar paleisbeamptes haar van Mordegai kom vertel, was sy baie ontsteld. Sy het vir hom klere gestuur om aan te trek in die plek van sy rouklere, maar hy wou dit nie vat nie. 5Ester roep toe vir Hatak, een van die koning se paleisbeamptes wat in haar diens was, en beveel hom om na Mordegai toe te gaan en uit te vind wat aangaan en waarom hy so maak.

6Hatak het na Mordegai toe gegaan op die stadsplein voor die poort van die paleis. 7Mordegai het hom alles vertel wat gebeur het, selfs van die presiese hoeveelheid silwer wat Haman onderneem het om aan die skatkis van die koning te lewer as hy die Jode mag doodmaak. 8Hy het ook vir Hatak ‘n afskrif gegee van die proklamasie wat in Susan uitgevaardig is en waarvolgens die Jode doodgemaak moes word. Hatak moes dit aan Ester wys, haar alles vertel en haar versoek om na die koning toe te gaan. Sy moes hom om genade smeek en vir haar volk intree.

9Hatak is toe terug na Ester toe en het Mordegai se woorde aan haar oorgedra.

10Sy het toe vir Hatak beveel om vir Mordegai te sê: 11“Al die amptenare van die koning en die mense in die provinsies van die koning weet dat daar net een wet is vir enigeen, man of vrou, wat na die koning toe in die binneste voorhof gaan as hy nie ontbied is nie: hy word sonder meer doodgemaak. Die enigste uitsondering is dat die koning sy goue septer na so ‘n persoon toe uitsteek; dan bly hy lewe. En dit is nou al dertig dae dat ek nie na die koning toe ontbied is nie.”

12Die boodskap van Ester is aan Mordegai oorgedra, 13en hy het haar geantwoord: “Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. 14As jy nóú swyg en daar kom van ‘n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”

15Ester het toe vir Mordegai laat weet: 16“Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.”

17Mordegai is toe weg en het alles gedoen wat Ester hom beveel het.

Persoonlike- en Huisgeloof vrae

  1. Wat staan vir jou/ julle uit van Ester?
  2. Wat is dapperheid/ bereidheid en hoe moet ons dit verstaan in ons lewe?
  3. Wil die Here steeds mense gebruik vandag?
  4. Wat maak dit moeilik om gehoorsaam te wees teenoor die Here?
  5. Hoe kan ‘n soortgelyke getuienis, soos met die van Ester oor ons eendag vertel kan word?

 

Wall

Mordegai> Ester

“As jy nóú swyg en daar kom van ‘n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”

Unknown person> Ester

Esther was a queen who knew the power of when to speak and when to remain quiet.