Bio

Naam: Onbekend

Ouderdom: Ouer as 38

Tuisdorp: Jerusalem

Gesondheid: Swak

Werk: Geen

Oorleef: van ander mense se skenkings

Filosofie: Moedeloos vir die lewe, die lewe is swaar

Verhoudings: Alleen en ‘n randfiguur

Wens: Om eerste in die water te kom by die Bad van Betesda

Groeigroep Materiaal

 

  1. 1. Wat staan vir jou uit met die man van Betesda?
    2. Wat is selfsug en waar kom dit vandaan?
    3. Wat maak dat ons soms selfsugtig is?
    4. Wat leer Jesus ons uit die verhaal oor sy siening van selfsug?
    5. Hoe kan ons mekaar help om meer liefdevol en dienend te leef?

Die man van Betesda in ons lewe

Die man van Betesda is ‘n aangrypende verhaal. In hierdie verhaal sien ons die onregverdigheid van mense wat voor ‘n siek man in die bad van Betesda inklim. Mense dink baie keer net aan self, wat ek kan kry en hoe dinge in die lewe vir my voordelig kan wees. Ons leef in ‘n “Frank Sinatra” kultuur van “I want it my way”

Info

Johannes 5:5-9

5Onder hulle was daar ‘n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was. 6Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?”

7Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.”

8Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.”

9Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop.

Dit was ‘n sabbatdag. 10Die Jode sê toe vir die man wat genees is: “Dit is ‘n sabbatdag; jy mag nie jou goed dra nie.”

Persoonlike- en Huisgeloof vrae

  1. Is daar mense wat nie omgee vir ander nie? Hoekom dink jy/julle is dit so?
  2. Wie moet die skuld kry vir liefdeloosheid in die wêreld?
  3. Wat kan ek/ ons doen om Jesus liefde te wys?
  4. Dink na oor die grootste gebod, watter invloed het dit op jou/ julle?
  5. Waar kan ons liefde begin uitleef? 

Wall

Winston Churchill 

“Healthy citizens are the greatest asset any country can have.”

Anoniem

Gesondheid is nie net fisiek nie, daar is ook ‘n geestelike kant