Bio

Name: Sadrag, Mesag en Abednego

Beroep: Babel se Administrateurs

Adres: Regeringshuis 1, Kerkstraat.

Kenmerke:Getrouheid, Geloof, Hoop en staan vas in geloof!

Die lewe: Goeie pret… altyd tyd vir ‘n kuier.

Lewensfilosofie: Hulle vergelyk nie hulleself nie.

 

Groeigroep Materiaal

1. Wat staan vir julle uit van die drie vriende?
2. Wat is gehoorsaamheid? Wat maak dit moeilik om gehoorsaam te wees aan God se roepstem?
3. Hoe onderskei ons wat is van God af en wat is wêrelds?
4. Watter goue beelde rig ons vir onsself op?
5. Hoe kan ons, ons fokus verander om op God te fokus? Wat het ons nodig?

Info

Daniël 3:28-29

28 Toe sê Nebukadnesar: “Aan die God van Sadrag, Mesag en Abednego kom die eer toe, Hy wat sy engel gestuur het en sy dienaars gered het. Hulle het op hulle God vertrou en het die koninklike bevel verontagsaam en hulle was bereid om hulle lewe te verloor eerder as om enige god behalwe húlle God te dien of te aanbid. 29Daarom vaardig ek ‘n bevel uit dat enige persoon, van watter volk, nasie of taalgroep hy ook is, wat met minagting praat oor die God van Sadrag, Mesag en Abednego, in stukke gekap moet word en dat sy huis ‘n puinhoop gemaak moet word. Daar is immers geen ander god wat in staat is om so te red nie.”

Persoonlike- en Huisgeloof vrae

  1. Wat maak ons met die stelling: “Dit waaraan jy die meeste aandag gee, is vir jou die belangrikste”
  2. Wat is versoekings in die lewe?
  3. Hoe kan ek/ ons versoekings hokslaan?
  4. Mag ek/ ons pret hê in die lewe?
  5. Wat is God se hart vir ons lewe volgens jou/julle?

Wall

John Ortberg > Sadrag, Mesag en Abednego

“I need to worship because without it I can forget that I have a big God beside me and live in fear. I need to worship because without it I can forget his calling and begin to live in a spirit of self-preoccupation. I need to worship because without it I lose a sense of wonder and gratitude and plod through life with blinders on. I need worship because my natural tendency is toward self-reliance and stubborn independence.”

Augustine of Hippo > Sadrag, Mesag en Abednego

“You never go away from us, yet we have difficulty in returning to You. Come, Lord, stir us up and call us back. Kindle and seize us. Be our fire and our sweetness. Let us love. Let us run.”