Bio

Naam: Ananias en Saffira

Status: Man en vrou

Geloof: Christene

Tuisdorp: Jerusalem

Fokus: Hoe kan die kerk prakties vir mense werk.

Rolmodel: Barnabas (vertroue, verkoop van besittings, liefde vir die apostels)

Groeigroep Materiaal

1)  lees Handeling 5:1-11 en deel oor die algemeen wat julle dink van die verhaal
2)  Wat dink julle is die redes waarom mense bereid is om oneerlik te wees?
3)  Wat dink jy daarvan dat navorsing wys dat ‘n mens gemiddeld 1 tot 2 leuens ‘n dag vertel?
4)  Wat doen oneerlikheid aan jou persoonlik en ook aan ons gemeenskap/land?
5) Lees Jakobus 4:1-10 en deel met mekaar wat Jakobus dink oor oneerlikheid en hoe ons dit moet aanspreek in ons eie persoonlike lewe?
6) Terug by Ananias en Saffira; watse rol speel oneerlikheid aan ons getuienis en ook die werk waarmee God besig is.

Ananias en Saffira in ons lewe

In Ananias en Saffira se lewe weet ons die fout wat hulle maak. Hulle het gedink dat hulle slim planne waarvan hulle beide kop in een mis was onder die radar sal bly. Dit kom uit dat hulle oneerlik was. Ons kan vermoed dat geld, status en mag was alles vir hulle. Hulle lieg vir die Here oor hierdie verkoopsprys, hulle hou ‘n gedeelte agter. Hierdie situasie grens aan die Christelike Etiek en wat ons rol daarin is. Die vraag wat ons gereeld onsself moet afvra: “Wat is Christelik eties reg in die lewe?”

Info

Ananias en Saffira

Handelinge 5:1-4

1Maar daar was ook ‘n sekere man, Ananias, en sy vrou, Saffira, wat ‘n eiendom verkoop het. 2Met die medewete van sy vrou het hy van die verkoopprys vir hulleself agtergehou en net ‘n gedeelte daarvan gebring en vir die apostels gegee. 3Petrus sê toe vir hom: “Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou? 4Die grond was mos joune, en toe dit verkoop is, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou. Wat het jou besiel om dit te doen? Jy het nie vir mense gelieg nie maar vir God.”

Persoonlike- en Huisgeloof vrae

  1. Hoekom dink jy/ julle is mense skeinheilig?
  2. Egtheid vra iets, wat dink jy/ julle is dit?
  3. Hoe kan jy jou/ julle egtheid uitbou?
  4. Hoe eerlik is jy met jouself/ julleself?
  5. Wie is jy/ julle as niemand kyk nie?

Wall

Barnabas >  Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

Nikodemus>  36Josef ‘n Leviet wat op Siprus gebore is en wat deur die apostels Barnabas genoem is – dit beteken iemand wat mense moed inpraat – 37het ook die grond wat hy gehad het, verkoop en die geld gebring en dit vir die apostels gegee.

Akan> Pasop vir noodleuens!