Wie is ons
Kerk-in-Suid 'n gemeente wat ruimte skep vir ALMAL!
Kerk-in-Suid is ‘n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef ‘n verskil wil maak en daarom is die Familie van God (oud en jonk) baie welkom hier.
Saam skryf ons verder – stories wat ‘n volgende generasie sal inspireer.
Kerk-in-Suid wil die visie wat God in ons harte losmaak om onder die Heilige Gees se leiding lewens- en gemeenskappe te verander.
Daarom kyk ons gemeente na binne, asook na buite om ‘n verskil in lewens en in die gemeenskap te maak.
Gereelde navrae
Maandelikse bydrae, tiendes en dankoffers kan op die volgende maniere gemaak word:
1. Internet inbetalings: NG Kerk Wierdapark Suid, ABSA Tjekrekening no 3260 140 689, Mall@Reds tak (632 005)
2. Snapscan:
3. Debietorders: Maandelikse debietorder opdrag
Word deel van ons familie. By hierdie gemeente is daar plek vir jou, jou familie en vriende! Kry hier alle inligting om ‘n vennootte raak.
Kontak die kerkkantoor en bespreek vir die doop inligting sessies.
Dit datums daarvoor is op die jaarprogram, of dit kan by die kerkkantoor gekry word.
Ons wil graag ‘n mooi foto in elektroniese formaat van die kind hê wat ons op die skerm gaan vertoon wanneer julle kind gedoop word. Maak asb seker dat dit ten minste ‘n week voor die doop reeds by die kerkkantoor is.
In die week voor die doop moet julle ook asb die leraar wat die doop gaan hanteer kontak.
DOOP-AANSOEKVORM
Kinders is vir Kerk-in-Suid baie belangrik.
Daarom word ons kategete baie goed opgelei om die Jeug in hulle eie portuurgroepe effektief te bedien.
Kerk-in-Suid se Jeug KOOK behoorlik!!
Sien wat ons gemeente sê...


