KANSA WEBINAR 4 SEPTEMBER 21

Luister en gesels saam met goeie sprekers oor goeie onderwerpe 

Worstel jy met vrae oor Kanker? Is jy of iemand wat jy ken in ‘n seisoen van Kanker?

Skakel in vir ons Webinar en kom luister na sprekers wat jou kan help met die vrae wat jy het. 

Registreer vir die Webinar

Program en Sprekers

9h15 – Ek en my Kanker – Dr Charmaine Jacobs 
Hoe lyk my pad van kanker? Dr’s klink altyd so positief maar wat is die realiteit van my kanker pad? Wanneer moet ek aanvaar dat hierdie stryd tot ‘n einde kom? Beteken remissie regtig dat ek skoon is of selfs nooit weer kanker sal kry nie?

10h00 – Hoe leef ons saam met iemand wat Kanker het – Prof Wentzel Coetzer – Pastorale Sielkundige 
Ons weet dikwels nie hoe om met iemand te praat oor kanker nie. Ons gee dikwels ook goedkoop antwoorde soos: die Here sal nie iets oor jou pad bring wat te groot is vir jou om te hanteer nie. Die doel van hierdie gesprek is om die mense rondom die pasiënt te help. Ons weet dikwels nie hoe om met iemand oor die stryd te praat of oor die realiteit van die dood te praat nie. Gaan ons maar net aan met die lewe asof niks verkeerd is nie? Hoe kan ons beter vriende/gades/familie van kanker lyers wees?

10h50 – Geloof en my Kankerstryd – Stephan Joubert 
Ek het al so baie mense gehoor getuig dat God hulle genees het van kanker. Gaan Hy my ook genees? Hier gaan ons gesels oor kanker (siekte) en genesing. Wat vra ek vir die Here en wat nie? Hoekom genees die Here dalk iemand anders maar nie vir my nie? Kan ek ‘n verwagting koester as ‘n gelowige dat Hy my sal genees? Het ek dalk iets verkeerd gedoen hoekom Hy my nie gesond maak nie?

11h40 – Hoe leef ek voluit te midde van my kankerstryd ( Leef voluit) – Lori-Anne Biebuyck 
Gaan my kanker my terughou of gaan ek steeds volheid leef? Hoe oorwin ek die moegheid van my behandeling? Lori-Anne deel die lesse wat sy geleer het uit haar kanker stryd. ‘n Vol lewe ten spyte van die swaard wat oor my kop hang.

12h10 – Leef in Kleur – Afsluiting/motivering – Ds Rinus Wassermann in gesprek met Ds Braam Klopper