#Medichallenge

Jy kan ‘n verskil maak in die lewe van ‘n mediese personeellid gedurende die COVID-pandemie!

Ons fokus tans op Midstream Mediclinic maar wil graag uitbrei na Unitas ook. Jou bydra kan dit moontlik maak.

Hoe kan ek 'n verskil maak?

Jou R80 voorsien ‘n pakkie van bemoediging aan 5 werkers.
Kom vat hande saam met ons en help ons om die gesondheidswerkerks te laat weet hulle is nie alleen nie, hulle is kosbaar!

Skenk Jacobs Cappuccino suiker vry koffie sakkies, of Nkosi bars en laai dit by die kerkkantoor af.
Ons gebruik Nkosi bars – vir elke 100 bars wat ons aanskaf kry 50 kinders ‘n ete – lees meer hier

Hou ons Sosiale Media dop vir nog maniere om betrokke te raak!

Kerk-in-Suid help ook met berading en gebed

Ons ondersteun personeel met berading en gebed waar dit nodig is.
Indien jy ‘n mediese werker is of van ‘n mediese personeellid weet wat gebed of berading nodig het, kontak gerus  081 050 3363 of gebed@ngwps.co.za

Kerk-in-Suid se groentetuine is deel van ons #mediChallenge

Kerk-in-Suid se groentetuine ondersteun mediese personeel van Mediclinic Midstream as deel van die #medichallenge 
So leef ons die visie om lewens en gemeenskappe te verander!