Jy kan ‘n verskil maak in die lewe van ‘n mediese personeellid gedurende die COVID-pandemie!
Ons fokus tans op Midstream Mediclinic maar wil graag uitbrei na Unitas ook. Jou bydra kan dit moontlik maak.
Skenk Jacobs Cappuccino suiker vry koffie sakkies, of Nkosi bars en laai dit by die kerkkantoor af.
Ons gebruik Nkosi bars – vir elke 100 bars wat ons aanskaf kry 50 kinders ‘n ete – lees meer hier
Hou ons Sosiale Media dop vir nog maniere om betrokke te raak!
Ons ondersteun personeel met berading en gebed waar dit nodig is.
Indien jy ‘n mediese werker is of van ‘n mediese personeellid weet wat gebed of berading nodig het, kontak gerus 081 050 3363 of gebed@ngwps.co.za